
Namibië 2019
TOERPROGRAM
Afrika Avontuur
Dag 1 | Do 21 NOVEMBER
JOHANNESBURG - WINDHOEK
Groot opgewondenheid! Ons ontmoet mekaar D.V. 4 ure voor vertrek by O R Tambo Internasionale Lughawe. Nadat die formaliteite afgehandel is, geniet ons saam koffie op eie bodem en gaan aanboord die vliegtuig vir die vlug na Windhoek. Ons behoort om 11:45 op die Hosea Kutako Lughawe neer te stryk.
Ons reis dan verder met ‘n luukse toerbus en begin met ‘n stadstoer van dié pragtige stad, met ‘n mengsel van geskiedenis en landelike natuurskoon. Laat middag arriveer ons by die hotel en geniet ‘n lekker aandete en welverdiende nagrus.
Dag 2 | Vr 22 NOVEMBER
WINDHOEK - ETOSHA
Vandag is ons vroeg uit die vere en pak die lang pad na die Noorde. Ons reis via plattelandse dorpies soos Okahandja en Otavi. By Grootfontein besoek ons die wêreld-bekende plek waar ‘n massiewe groot meteoriet geval het. Na ‘n ligte maaltyd in Grootfontein reis ons verder via Tsumeb na die Etosha Nasionale Park. Ons gaan die Park binne by Namutoni en ry Weswaarts tot by die Okaukuejo-kamp waar ons oornag.
Dag 3 | Sat 23 NOVEMBER
ETOSHA
Ons geniet vandag ‘n tipiese dag in hierdie unieke Wildtuin. Na ‘n laat ontbyt in die kamp gaan ons op ‘n wildbesigtigingsrit en hoop om mooi wild-tonele saam huistoe te neem. In die kamp is daar ‘n uitsig oor ‘n watergat wat as sulks baie belofte inhou. Na ‘n lekker aandete geniet ons vryetyd en beleef die aandlewe van die Etosha-Panne.
Dag 4 | So 24 NOVEMBER
ETOSHA – OTJIWARONGO – USAKOS - SWAKOPMUND
Na ‘n heerlike ontbyt, hou ons stiltetyd. Daarna groet ons die Etosha en neem die lang pad na die see. Ons eerste stop is Otjiwarongo waar ons vertoef om ‘n bietjie bene te rek en iets te eet. Dan reis ons verder tot by Usakos om die ekonomie van hierdie dorpie tussen niks en nêrens te ondersteun. Ons laaste skof is tot by Swakopmund. Ons behoort laatmiddag te arriveer en gaan dan reguit na ons hotel. U is dan welkom om op eie tyd aandete te geniet en die res van die aand te doen wat u wil.
Dag 5 | Ma 25 NOVEMBER
SWAKOPMUND – HENTIESBAAI – CAPE CROSS
Vandag reis ons langs die kus op Noord van Sawkopmund en gaan verby Myl 7 tot by Hentiesbaai. Hierdie pragtige vissersdorpie het ryke geskiedenis en het bekendheid verwerf met baie vertellings en liedjies met dié nostalgie as tema. NAMIBIË TOERPROGRAM www.bible-tours.co.za Ons ry verder teen die kus en besoek Cape Cross, waar Barthelomias Dias ‘n kruis geplant het. Naby geleë, op die strand, is ‘n Boetiekhotel, waar ons ‘n lafenis gaan geniet. Vandaar neem ons die pad terug na Swakopmund vir ‘n ruskans. Ons gebruik die aand om na die strandfront te gaan en in tradisionele styl, aandete te geniet
Dag 6 | Di 26 NOVEMBER
SWAKOPMUND - WALVISBAAI
Na ontbyt vertrek ons na Walvisbaai. Hierdie is ‘n besondere pad wat die skeiding vorm tussen die Stille-oseaan en die duine van die Namib-woestyn. Op weg sien ons Lang-strand, wat die welvaart van hierdie Woestynland uitbeeld. Vir die lewenslustiges doen ons aan by ‘n Duine-avontuur konsep, en u kry die kans om met “quad”fietse op die duine te ry. Geen ouderdomsbeperking! NAMIBIË TOERPROGRAM www.bible-tours.co.za Ons besoek Duin 7, ‘n ware landmerk in die omgewing, en indien u kans sien kan u tot bo klim. Van daar gaan ons na Walvisbaai, met ‘n besondere atmosfeer en gety strand. Duisende voëls beset die gebied en is iets besonders om te sien. Ons verkwik onsself by ‘n hotel in Pelican Bay, wat op die oewer geleë is. Daarna gaan ons terug na Swakopmund waar u die res van die dag vryetyd het en ook op u eie aandete kan geniet..
Dag 7 | Wo 27 NOVEMBER
SWAKOPMUND
Vanoggend geniet ons saam ontbyt en daarna besoek ons ‘n paar besienswaardighede in die dorp. Onder andere sien ons die akwarium en ook die nuwe Strandfront en promenade. Daarna neem die bus ons na die hotel en kry u geleentheid om lekker te ontspan, of verder straatbesoek te doen. Ons sluit die dag af met ‘n heerlike ete in ‘n restaurant wat op ‘n pier gebou is. Na aandete gaan ons terug hotel toe vir ‘n laaste aand op ons toer in “Suid-Wes Afrika”.
Dag 8 | Do 28 NOVEMBER
SWAKOPMUND – WINDHOEK - JOHANNESBURG
Na ontbyt vertrek ons terug na die binneland en reis via Usakos en Okahandja na Windhoek vir ons terugvlug na Suid- Afrika. Ons behoort om 19:00 op O R Tambo neer te stryk. Hierna groet ons mekaar as toervriende met mooi herinneringe van die plekke waar ons besoek afgelê het in ‘n land van diversiteit, maar ook ‘n bekoring vir enige gemoed.